KALAHARI TEATER
Leerders is opgewonde om deel te wees van Kalahari se nuutgestigte tienerdramaproduksie. Leerders kry dan die geleentheid om op te tree en ook om deel te wees van die tegniese aspekte van teater. Hulle ontwikkel tegniese vaardighede soos kostuum, grimering, dekorontwerp, klank- en beligtingsontwerp.
​
Kyk na die YouTube-video hieronder van ons Kortfilm - geskryf deur ons eie leerders, opgeneem deur ons eie leerders met behulp van "Filmit" en ons spesiale Mentor:
Dean Smith (Suidooster).
​
Die span:
Xavier Griqua
Jodeen Markram
Kalia Jordaan
Liandri Serfontein
Shafeeqah Sulliman
Keila Fourie
Mej Elandi Theron (interne mentor)
​
​
Hoërskool Kalahari se Kortfilm, 'Status Bewus', het 5 benoemings ontvang, naamlik: Beste Film, Beste "Ensemble" of Samewerking, Beste Kostuums, Beste Akteur en
Beste vroulike byspeler.
​
Xavier Griqua het as wenner van die "Beste Akteur"-kategorie weggestap.
Ons filmspan by die glansgeleentheid van die "Filmit"-toekenningsaand.
2021 - kortfilm genaamd 'Status Bewus' deur Hoërskool Kalahari