top of page

KALAHARI KOSHUIS

KOSHUISPERSONEELLEDE

Hannelie Ludick

Hannelie Ludik

Koshuisbestuurder

Jaar by koshuis begin:

2014

Tiekkie Kenneth

Tiekkie Kenneth

Jaar by koshuis begin:

2011

Margie Ben

Margie Ben

Jaar by koshuis begin:

2011

Emily Barnett

Emily Barnett

Jaar by koshuis begin:

2018

Elizabeth Kgaodi

Elizabeth Kgaodi

Jaar by koshuis begin:

2022

Andries Mokgothu

Andries Mokgothu

Jaar by koshuis begin:

2018

Attie Mothani

Attie Mothani

Jaar by koshuis begin:

2022

GEREELDE VRAE OOR DIE KOSHUIS

Wat is die huidige koshuisfooi?

Per maand: R2 600 (Februarie tot November)

Per jaar: R26 000 (Februarie tot November)

 

Hoeveel etes ontvang die leerders?

Leerders ontvang drie gebalanseerde maaltye per dag.

Is daar nog plek in die koshuis?

Ons het nog plekke beskikbaar in die koshuis.

Hoeveel leerders is daar in die koshuis?

Daar is tans 40 leerders in die koshuis.

Wat maak dit lekker om in die koshuis te bly?

Die samesyn met vriende en ondersteunende rol wat

vriende speel in mekaar se lewens.

Hoekom moet ek in die koshuis bly?

Om deel te wees van die hegte Kala-koshuisfamilie.

Brief van koshuisbestuurder

Hannelie Ludik:

Hoërskool Kalahari se koshuis is 'n ou gebou met groot uitdagings, maar het ook 'n ryk geskiedenis en baie "onthou" tye... Dit is vir my lekker as 'n kind kom inskryf en die oomblik wat hulle instap begin die "onthou" spontaan uit hulle vloei… "Ons het altyd hierdeur geglip, ons het altyd hierheen gekom om ons toebroodjies te kry, ons het altyd hierheen gekom om te help pannekoek bak … en so word hierdie geskiedenis weer deel van 'n volgende generasie." My doel is om die koue onpersoonlikheid van 'n koshuis 'n warm en huislike "onthou" ervaring vir elke kind te maak.


Ek het 'n baie lojale arbeidsmag by die koshuis en ons word ondersteun deur 'n sterk bestuurspan wat dinge glad laat verloop. Ons verbeter en vernuwe groot dele van die koshuis elke jaar. Ons hou ook so ver moontlik tred met nuwe tegnologie rakende 'n kamerastelsel binne die koshuis sowel as op alle buitedeure. Ons het 'n sentrale verhittingstelsel vir warm water en elektronies beheerde hekke op alle buitehekke vir veiligheid. Dienspersoneel is ten alle tye op die terrein beskikbaar asook studietye vind onder toesig van die personeel plaas.
Ontspanningsgeriewe soos die swembad, tennisbane, gimnasium en sportterrein is elke middag beskikbaar.

“If kids come to us from

 strong, healthy functioning families, it makes our job easier.

If they do not come to us from strong, healthy functioning families it makes our job more important.”

-BARBARA COLOROSE

KOSHUISLEIERS

Hostel Leaders 2022

KOSHUISLEIERS VIR 2022:

Voor van links: Hoofseun: Brandon Sampson, mnr Gielie Lötter (superintendent) en hoofmeisie: Megon Sampson.
Agter van links: Remoabetswe Kies, Tetlanyo Motseothata en Keabetswe Nkokou. Afwesig op foto: Wian Taljaard.

FOTO'S VAN DIE KOSHUIS

bottom of page