KALAHARI KOSHUIS
Ons koshuis bied 'n veilige, ondersteunende en gestruktureerde omgewing waar leerders tuis voel terwyl hulle op hul studies fokus. Met toegewyde toesig, gemaklike fasiliteite en 'n sterk gemeenskapsgevoel word koshuisgangers aangemoedig om akademies, sosiaal en persoonlik te groei in 'n sorgsame atmosfeer.
Inligting oor die Koshuis
Kalahari Koshuis kan verblyf bied aan 50 dogters en 50 seuns gedurende die week.
Die koshuis bied ook ‘n middagstudiediens aan studente wat nie voltyds wil inwoon nie. Die diens is van na skool tot 17h15 beskikbaar en sluit middagete en studietyd teen ‘n minimale bedrag in.
Alle maaltye is deur ‘n dieetkundige saamgestel en by die koshuis genuttig. Kinders is welkom om ‘n ekstra vrug of broodjie te smeer indien hul iets te ete wil saamvat skool toe.
Die koshuis is binne loopafstand van Hoërskool Kalahari af.
Die Koshuis Superintendent/Ouers se woonstel is direk aan die koshuis gekoppel. Voorts is daar 10+ ander skoolpersoneellede wat in verskeie woonstelle by die koshuis woonagtig is.
Die fasiliteite bestaan uit ‘n aparte dogters- en seunsvleuel.
Elke vleuel bestaan uit twee vloere. Kamers word elke oggend geïnspekteer en kinders word aangemoedig om netjies op hulself en hul kamers te wees.
So ook is daar ‘n studiesaal en eetsaal.
Ons poog om die kinders ‘n gedissiplineerde huislike atmosfeer te bied met verskeie aktiwiteite wat kinders op alle vlakke stimuleer, laat groei en ontwikkel.
Daar word gekyk na die volle ontwikkeling van die kind op 4 vlakke:
-
GEESTELIK
-
AKADEMIES
-
SOSIAAL
-
LIGGAAMLIK




Boodskap van die superintendent
As koshuisouers en huiskomitee is ons baie opgewonde oor hierdie jaar en al sy opwindende uitdagings en baie geleenthede. Ons kan nie wag om jou te ontvang en bekend te stel aan die lekkerte van die lewe as lid van ons koshuis nie. Al kan die koshuis nooit die ouerhuis vervang nie, is die huislike atmosfeer wat ons bied, nie ver daarvandaan nie. Jy sal sommer gou tuis voel en wonder waarom al die onsekerheid dan nou nodig was.
Dit is ook belangrik dat jy deurentyd Hoërskool Kalahari se waardes in gedagte hou en uitleef – respek, verantwoordelikheid, eerlikheid, omgee en nederigheid. Ons koshuisleerders leef, studeer, speel en ontspan binne die riglyne van ons skoolreëls en ons streef daarna om altyd respek vir onsself te hê en om ‘n positiewe invloed op ons mede-inwoners te hê.
Die koshuis is meer as net ‘n woning waar lewenslange vriendskappe, drome en ervarings opgebou word. Die Kalahari Koshuis is ‘n gebalanseerde koshuis wat jaarliks uitsonderlik presteer op kulturele-, leierskap-, sosiaal-maatskaplik-, akademiese- en sportgebied, om nie eens te praat van die sosiale en geestelike aktiwiteite nie.
Dit is egter nie op die uitnemende prestasies waarop ons die trotste is nie, maar ook die geluk, omgee, nederigheid en liefde wat elke dag in die gange en in elke huislid sigbaar is.
Kom oorrompel ons met jou passie, kreatiwiteit, geesdrif, werkslus en unieke self! Hier gaan jy ‘n verskil maak! Onthou egter altyd wie jy is, waar jy vandaan kom en wie jy wil wees. Gryp elke geleentheid aan wat oor jou pad kom!
Kala groete
Mnr. De Villiers Goosen (Superintendent)
Prediker skryf die skoollied wat nooit vergeet sal word nie
Op 21 Mei 1928 het die 74-jarige eerw. ALJ Hofmeyr predikant in Kuruman geword — 'n dinamiese leier met 'n diep passie vir jeugontwikkeling. Hy het 'n lewendige belangstelling in beide skole getoon, en deur sy uitsonderlike welsprekendheid en vermoë om te inspireer, het hy oud en jonk geboei. As 'n begaafde musikant het hy dikwels 'n draagbare orrel gedra en leerders vermaak deur musiek vir hulle te speel.
Ds. Adriaan Hofmeyr het ook die skoollied gekomponeer, wat vandag nog deur Seodin Laerskool en Kalahari Hoërskool gesing word. Die tydlose woorde daarvan bly emosie aanwakker en generasies leerders en alumni regoor die land verenig in hul gedeelde verbintenis met Kalahari.
_1.jpg)


